2008 Voorbereidings
Die voorbereidings vir so 'n toer is heerlik, maar ... laat genoeg tyd vir jouself om alles in vrede af te handel. Baie dinge gaan uitwerk soos jy dit beplan het maar Murphy sal altyd daarvoor sorg dat iets op die einde jou bloeddruk gaan opjaag. Dus, begin betyds!
1. Motorfiets:
Vir my was die volgende kriteria belangrik: a) Betroubaarheid, b) groot petroltenk, c) lae gewig, d) koste.
Die mark is wyd en oop. My keuse was die Kawasaki KLR 650.
2. Ry-oefening!
Koop jou fiets lank voor die tyd en gaan ry baie! Ek het meer as 15 000 km afgelê op alle tipe paaie en in Zimbabwe, Botswana en Namibië. Pak jou fiets soos wat jy gaan ry. Jy gaan gou uitvind wat werk en wat nie werk nie.
3. Lees!
Soek op die internet na berigte en/of van mense wat so 'n toer reeds gedoen het. Vriende in Duitsland het vir my baie boeke daar gekry. Dit is 'n magdom kennis wat mens verniet kry deur die sweet van hulle wat klaar dit gery het.
4. Inentings:
Belangrik. Liewer een te veel as die kritiese een wat ontbreek. Hier kan jy jou inentings laat doen:
http://www.netcare.co.za/live/content.php?Item_ID=45&Revision=en/4
5. Mediese en tandarts ondersoeke:
Laat die manne jou voor jou reis deeglik ondersoek. Tandpyn in die boendoes is sleg, baie sleg. 'n Maagseer is sekerlik 'n nagmerrie.
6. Reisversekering:
Dit was een van my grootste kopsere. Geen Suid-Afrikaanse maatskappy wou my verseker nie, net as my motorfiets onder 200cc sou wees. Ek het klaar 'n kwotasie gehad toe dit weer teruggetrek is.
Wat 'n geluk was dit nie. Ek het op die internet 'n maatskappy gevind wat bereid was om dit te doen onder sekere voorwaardes. Tot nou toe is ek net gelukkig met die diens van die groep.
Gaan kyk by http://www.worldnomads.com/
Hulle was ook toe 40% goedkoper as die Suid-Afrikaanse versekering!
7. Visums:
'n Mens spel visum so: K O P S E E R
As jy naby of in Pretoria bly, kan jy jou visums self gaan doen. Drink 'n paar kalmeerpilletjies en gaan staan in die ry. Ek woon gelukkig te ver van Pretoria af om alles self te gaan doen. Ek het verskeie visumagente op die internet opgespoor, maar ongelukkig was net hulle webwerfe professioneel. Die enigste uitsondering was Swiftline Couriers, en hul agent by name Thuli. Thuli het dinge laat gebeur, sy het gereeld terug rapporteer, haar stem het saamgely as 'n ambassade onbeskof was.
Ek kan hulle heelhartig aanbeveel. Hul telefoonnommer is 011 / 327 1322, en hul webwerf: http://www.swiftline.co.za/
Kontakbesonderhede van die Afrika ambassades waar ek moes visums kry:
8. Carnet de Passage:
Om jou voertuig deur Afrika te neem, het jy 'n Carnet de Passage nodig. Die AA van Suid-Afrika reik dit uit.
Ek het van Melissa Chegwidden net goeie en flinke diens gekry. Die telefoonnommer is: 011 / 799 1042.
Hier kry jy al die inligting oor 'n Carnet:
http://www.aa.co.za/home/travel_services/documentation_and_holiday_insurance.aspx
9. Internasionale Rybewyse:
'n Mens het blykbaar twee verskillende bestuurslisensies nodig om oor Afrika te ry. Dit kry jy by enige AA winkel. Ek het myne binne 20 minute by die AA in Menlyn, Pretoria, gekry.
10. Opgradering van die motorfiets:
Ek het baie lank baie verdeelde menings gehad of dit nodig is of nie. Natuurlik sal mens diegene kry wat met 'n dood standaardfiets direk uit die winkel oor Afrika sal ry sonder enige teenspoed.
Ek wil 'n bietjie meer beheer hê oor dit wat met die fiets kan gebeur. Ek het Ray Muller van Tours for Africa gaan sien. Ek het myself gaan oortuig dar Ray nie een van die ouens is wat 'n paar goed aan 'n fiets vasplak en die dag daarna seëls op briewe plak nie. Ray is 'n man wat Afrika én motorfietse ken.
Kontak Ray by 011 / 433 8850. Internet: www.toursforafrica.co.za
11. Iets kleins:
Ek het al by Groblersbrug grenspos aan die Botswanakant tot vier ure lank in 'n ry gestaan om die laaste dokumente te kry voor mens Botswana mag ingaan. Kwa Nokeng Lodge direk by die grens bied 'n diens aan om dié dokumente vooraf te reël. Jy moet dan nog net deur immigrasie en doeane gaan. Dit spaar baie tyd! Die diens is gratis, maar maak dan gerus vol by hul vulstasie waar die petrol goedkoper is as in Suid-Afrika. Kontakbesonderhede: www.kwanokeng.com of Clinton@botsnet.bw
12. Rusland:
As jy ooit sou wou Rusland toe gaan, gaan jy o.a. 'n uitnodiging in Russies nodig hê van die Ministerie van die een of ander sake in Rusland. Vostok Reisen in Duitsland kan die uitnodiging binne 'n dag organiseer, maar die visum gaan steeds 'n nagmerrie bly. www.vostok.de
13. Libië:
Om deur Libië te reis het mens 'n Libiese agent nodig. Dié agent moet jy by die Libiese grens ontvang, die hele tyd saam met jou reis (op jou koste) en ook eet en woon (op jou koste natuurlik).
Ek het by die Libiese ambassade 'n lys van agente gekry en 'n e-pos ana hulle gestuur. Die e-posadresse was toe óf verkeerd óf niemand het geantwoord nie.
Danksy ander 'overlanders' het ek toe op 'n agentskap afgekom wat my beïndruk en alles gereël het.
Kontak mnr. Bilgasem Schlebk by bilgasemshlebk@yahoo.com
Die reisagentskap is Ain Mizrag, www.theguidetolibya.com/discoverlibya.htm
Lys van Afrika ambassades waardeur my reis gaan en waar ek moes visums kry: (Almal in Pretoria)
Tanzania
High Commission of Tanzania
P. O. Box 56572
Arcadia
0007
012 / 342 4371 / 93
012 / 430 4383
thc@tanzania.org.za
822 George Ave
Arcadia
Kenya
High Commission of the Republic of Kenya
P. O. Box 35954
Menlo Park
0102
012 / 362 2249 / 51
012 / 362 2252
302 Brooks Street
Menlo Park
Ethiopia
Embassy of the Federal Republic of Ethiopia
P. O. Box 11469
Hatfield
0028
012 / 346 3542 / 2947
012 / 346 3867
47 Charles Street
Bailey's Muckleneuk,
Brooklyn
Sudan
Embassy of the Republic of Sudan
P. O. Box 25513
Monument Park
0105
012 / 342 4538
012 / 342 4539
embassy@sudani.co.za
1203 Pretorius Street
Hatfield
Egypt
Embassy of the Arab Republic of Egypt
P. O. Box 30025
Sunnyside
0132
012 / 343 1590 / 91
012 / 343 1082
egyptemb@global.co.za
270 Bourke Street
Muckleneuk
Libya
Embassy of the People's Bureau of the Great Socialist People's Libyan Arab Jamahiriya
P. O. Box 40388
Arcadia
0007
012 / 342 3902
012 / 342 3904
900 Church Street
Arcadia
Tunisia
Embassy of the Republic of Tunisia
P. O. Box 56535
Arcadia 0007
012 / 342 6282 / 83
012 / 342 6284
850 Church Street
Arcadia