Waterberg 15 April 2007

Na byna 80 000km se teerpad ry met my vorige motorfietse moet ek nou geleidelik meer begin grondpad ry om beter voorbereid te wees op dit wat volgende jaar op my wag.

Ek is vanoggend na die St. John's kerkie naby Vaalwater. Die kerkie is deur Sir Herbert Baker ontwerp. Ek het al baie spesiale kerkdienste in dié kerkie beleef.

 

Image01.jpg (77940 bytes) Die Waterberg wys hom van sy mooiste kant: Sonskyn. groen bos, motorleë paaie.

Image02.jpg (69922 bytes) Die Waterberg het reën gehad die laaste drie dae. Skielik is die sandpaaie wat ek verwag het, nat, modderig en baie glad. Ek was bly dat ek op 'n ligter fiets kon koes en gly, en nie op 'n swaar enduro nie.

Image03.jpg (63777 bytes) Mik, koes, kamera laat val, verby ry.

Image04.jpg (125136 bytes) Die kinderkerk by St. John's. Hoekom klop my hart so warm vir die hierdie kerk en hul aktiwiteite?

Image05.jpg (82078 bytes) Vaalwater, die eens verlate, vervalle dorpie in die Outback van niks, staan op uit die vervalle platteland-wees en stof hom af. Die dorp pols met nuwe lewe.

Image06.jpg (71644 bytes) Die slegte klippad stamp en skud en laat die eerste skroef van die KLR los kom en verloor.

Image07.jpg (83199 bytes) Die teerpad image van die KLR is verby. 189km later en ek is tevrede met my keuse van KLR 650.