Naboomspruit (Mookgophong)
Naboomspruit is vir my sinoniem met 'n groen bosveld, wilde diere in oorvloed, die Waterberge en water wat na goeie reëns letterlik uit die berge stroom. Dit is 'n eiland van rus en vrede ver weg van die stad se gewoel.
Die dorp is in die Limpopostreek geleë en is in 1910 gestig. Die naam kom van die naboom (euphorbia) af.
Soos die meeste dorpe in Limpopo het ook Naboomspruit 'n nuwe naam gekry: Mookgophong.
Die groot aantrekkingskrag van die dorp lê in die baie wilds- en jagplase, lodges en warmwaterbronne.
Die webblad http://www.routes.co.za/lp/mookgopong/index.html het 'n goeie kaart met die ligging van die dorp.
Onder aan die bladsy het ek 'n paar foto's uit die onmiddelike omgewing van Naboom.
Wil jy ook nou Naboom toe trek soos ek in 2003 gedoen het? Kontak vir Jurina van Jurina Eiendomme!
To me Naboomspruit means so much: It symbolizes to me a green bushveld as far as the eye can see, game that can be seen from many dirt tracks running through the area, the Waterberg, and water rushing down the slopes of the mountains and hills after good rains.
Naboomspruit lies in the Limpopo region and was founded in 1910. It was named after the naboom (euphorbia) trees found here.
Like most places in Limpopo the name was changed to Mookgophong.
The main attraction of the town are definitely the many game and hunting farms, lodges and warm mineral springs.
On the website http://www.routes.co.za/lp/mookgopong/index.html you'll find a good map with the location of the town.
Below are photographs from the direct vicinity of Naboom.
Are you in the mood to move to Naboom like I've done end of 2003? Contact Jurina at Jurina Properties!
Foto's
van Naboomspruit en
omgewing
Photographs of Naboomspruit and district
Doringdraai Natuurreservaat / Game Reserve
Doringdraai is 'n provinsiale reservaat so 30km van
Naboomspruit.
Doringdraai is a provincial reserve about 30km from Naboomspruit.

Kyk na die kleur van die hemel, die water, en
sien jy die rooihartebeeste in die gras?
Just look at the colour of the sky, the water, and do you see the red hartebeest
in the grass?

Ek besef weereens hoekom ek in Naboomspruit
woon. Die bosveld is uniek, mooi, paradys.
I again realize why do I live in Naboomspruit? The bushveld is unique,
beautiful, paradise.
Een van die baie lodges naby Naboom, geleë in 'n
digte groen bos.
The lush nature at one of the many lodges near Naboom.

Die Waterberg se naam is nie verniet Waterberg
nie - Bokpoort na heerlike reën.
The Waterberg is called the Waterberg for only one reason. You can imagine.
Bokpoort after a shower of rain.

Ons dorpsdam met die huisboot wat te huur is
vir spesiale geleenthede..
One of the dams close to Naboom with the houseboat that one can rent for special
occasions.

Die omgewing bied baie vir verantwoordelike
adrenalien junkies.
The bigger Naboom district offers so much for responsible adrenaline junkies.

Dié twee foto's is by ons Groot Vyf reservaat,
Entabeni, geneem.
These two photographs were taken at our Big 5 reserve, Entabeni.

Nylsvlei - voëlkykersparadys by uitstek.
Nyls Vlei - bird viewers' paradise

Een van die geëerde inwonders van
Naboomdistrik.
One of our honoured inhabitants of Naboom district.