Wie is ek?

My naam Lodie de Jager.
Ek is lief vir die bos, vir Botswana, die Kalahari, vir reis.
As ek nie droom oor volgende jaar se toer nie, werk ek ook, partykeer selfs te hard, dink ek. Maar so dink alle lui-gatte, so ek gaan nie te veel daarop roem nie.
Ek is direkteur van die FSA Youth Exchange, 'n leerling uitruilprogram tussen Suid-Afrika en Duitsland (www.fsa-youthexchange.co.za)
Ek hou van mense maar ek hou ook daarvan om dinge alleen te doen. Om die reis alleen aan te pak, gaan moontlik hoër eise aan my stel. Dit is reg so. Ek het besluit ek wil tyd vir my neem, en die reis gaan my die kans daarvoor bied. En nee, ek het nie krisisse en dinge in my lewe wat ek moet uitsorteer nie. Ek reis omdat ek lief is vir reis, mense en die lewe.
Hoekom Naboom? Ek het tot einde 2003 in Pretoria gewoon. Ek was nie meer lus vir die stad en verkeer en taxi's en toustaan en verkeersknope nie, toe trek ek bosveld toe. En weet julle, ek mis nie die stad nie, glad nie. So, Naboomspruit in die Limpopo is my huis en paradys en van hier gaan ek Duitsland toe ry.
E-pos my deur op die skakel te kliek.