Kommentare oor die boek
Wordsworth Books, Somerset Mall
Phlip van Biljon (per e-pos)
Lodie, Ek't jou boek die naweek in twee dae deurgelees- ek kon dit net nie los nie!!
Ernst de Vries (per e-pos)
Hi Lodie Jou boek was fantasties. ek kan nie wag vir die volgende reis asook die boek daaroor nie. Ek wil graag weet of jy die boek sal teken as ek na Naboom toe ry, en vir jou kom dagsê oor 'n naweek.
Gert Kruger, Irak
Stephen
Enslin, Kaapstad
Hi
Lodie! Ons het al vantevore met mekaar gepraat. Ons het ook die reis van
Kaapstad na Londen gedoen in 2007/2008. Ek het jou boek toe gekoop en ek moet sê
dit was baie goed, ek het soms 'n traan in die oog gekry....en ook baie lekke
gelag. Wat vir my ongelooflik was om soms my oë toe te maak en dan sien ek
presies die plekke, mense en paaie in my geestesoog! Hel dis darem 'n ding wat
'n mens nie sal vergeet nie.... Dit sal vir my lekker wees as ons in kontak kan
bly . Ek sien jy het ander reisigers se blog site op jou webtuiste, as jy wil
kan jy ons s'n ook aanheg, www.x-ingafrica.com
Voorspoed met al jou beplanninge!
Henk
Schuiling, Pretoria
Hi
Lodie, ek is besig om jou boek Noord van Naboom te lees. Ek is 'n biker en bike
racer, het 'n besigheid hier in Pretoria. Ek is ook mal oor reis. Ek het al 'n
paar oorsese trips gehad waar ek net my begin en vlug terug beplan het. Die tyd
tussen in hitch hike ek soos die wind waai. Lekker en onbeplan. Ek lees nie
graag Afrikaanse boeke nie, seker omdat dit so stadig gaan. Ek geniet jou
stories en relate met jou. Hou so aan en geniet dit. Ek wil een of ander tyd 'n
bike toer in Noorweë doen, amazing land. Ek hou ook dagboek met my toere en
doen ook so paar sketse. Sit asb meer fotos in jou volgende boek.
Wynand Kruger, Luanda, Angola
Vandag sit ek hier met baie gemengde gevoelens. Ek het met opset nie die boek gelees terwyl ek by die huis was nie. Ek het myself uitgehonger en ek het vasgebyt todat ek kon gaan sit en lees sonder onderbreking. Ek het Saterdagaand begin en ek het hom gisteraand klaar gemaak. Dit was moeilik om hom neer te sit. As my oë nie Saterdagaand vanself toegeval het nie, sou ek seker regdeur gelees het. Ek was 4:30 Sondagoggend wakker met die boek in my kop.
Man ek het lanklaas op so lekker emosionele trippie
gegaan. Jy het my op ‘n virtuele toer deur Afrika gevat wat ek nie maklik sal
vergeet nie. Dit het partykeer vir my gevoel asof ek saam met jou daar is. Ek
het keer op keer myself en my fiets in daardie situasies voorgestel. Ek het my
vrou op haar fiets gesien en gewonder hoe sy dit sou hanteer. Ek dink as iemand
my dopgehou het terwyl ek gelees het, sou hulle gewonder het wat aangaan.
Partykeer het ek geglimlag, partykeer hardop gelag, partykeer erg gefrons en
selfs so nou en dan ‘n traan gepik.
Ja, en ek het ook al verskeie kere die Here se hand
ervaar terwyl ek en my vrou met die fietsgery het. Ek kan getuig van ‘n paar
kere wat Hy ons uit die kloue van die dood gepluk het. My gebed wanneer ons ry
is eenvoudig: “Here, vat U die stange asseblief” en Hy weet wat om te doen………
Lizelle le Roux, Potchefstroom
Beste
Lodie
Voor ek begin om te vertel hoeveel ek jou boek geniet het, moet ek darem eers sê
hoe ek aan die boek gekom het. My man, Malan le Roux, het die boek op
aanbeveling van ’n vriend direk by jou gekoop en met groot opgewondenheid by
die huis aangekom die dag toe hy die boek in die pos ontvang het. Ons kon
nie gou genoeg die DVD-speler aan die gang kry om te hoor waaroor alles gaan nie.
Dit gedoen, was die nuuskierigheid natuurlik geprikkel en kon ons nie gou genoeg
die ander take afhandel voor die lekker lees begin nie.
Malan het dit begin lees, maar met sy leesspoed het my geduld dit nie uitgehou
nie en ek het vir hom ’n ander boek gegee waarmee hy homself tydelik kon besig
hou terwyl ek joune woord vir woord opslurp. Ek wil jou komplimenteer met
jou skryfstyl – jou boek lees baie lekker. Wat ek baie waardeer het, is
dat jy jouself nie spaar met die emosionele dinge nie. Dit maak die boek
soveel meer menslik en realisties omdat ek dink dis onmoontlik om die hele tyd
in hierdie euforie van opwinding en geluk en voorspoed voort te gaan.
Ons het Long way Round en Long way Down beide gekyk en dit het natuurlik vir die
nodige agtergrond gesorg sodat ek jou boek selfs nog meer geniet het. Ek
haal my hoed vir jou af dat jy die moed aan die dag gelê het om die tog alleen
aan te pak. Ewan en Charley het ’n hele span gehad wat hulle ondersteun
het plus nog ondersteuningsvoertuie en baie geld. Dit maak natuurlik ’n
groot verskil. Ek dink jou tog was dalk net meer avontuurlik omdat daar
die hele tyd ’n spanningsdraadjie deurgeloop het oor alles wat moontlik kan
verkeerd gaan – veral as jy alleen in die woestyn is. Ek dink dis
wonderlik dat jou enigste moeilikheid die hooflig se sekering was. Die
omry deur die taxi was seker nogal ’n skok gewees?
Wat my deurgaans deur jou boek opgeval het, was die groot hoeveelheid vriende
waarvan jy nie net melding maak nie, maar wat jou ook op dele van die toer
vergesel het. Ek dink dit wil gedoen wees – veral vir mense wat nie van
Suid-Afrika is nie. Ek wens ek het vroeër van jou en die toer geweet
sodat ek dit ook op die internet kon volg, maar ek sien daar is darem ’n toer
na Siberië waarna ons kan uitsien. Ek sou graag op jou poslys wil beland
om te hoor hoe dit gaan.
Daar is sóveel goed in jou boek wat trane in my oë gebring het, dat ek my net
kan indink hoe jy dit eerstehands moes beleef het. Ek dink die meeste van
ons het vooropgestelde idees oor hoe dit in Afrika moet wees – soveel so dat
mens hulle amper byvoorbaat behandel volgens die persepsie wat jy het. Ek
is baie dankbaar dat jy daardie persepsie vir ons kon regstel – ek was
absoluut verstom oor die gasvryheid en opregtheid wat jy van die mense van
Afrika ervaar het. Dis so totaal anders as wat ons dink en waarvan ons
hoor. Ek het, na die hele ‘reis’ saam met jou deur Afrika, saamgevoel
omdat Europa niks vir jou gedoen het nie. Dalk was dit omdat ons maar
amper net soos die Europeërs is en dat hulle ook al so ver ontwikkeld is, dat
gewone, alledaagse vriendelikheid, belangstelling en gasvryheid nie meer saak
maak nie. Is ons nie ook maar so nie? Het ons lewens nie só besig
geword dat ons kwalik meer tyd het om vir ander mense die lewe lekker te maak
nie? Draai alles nie maar net só om onsself en ons eie klein w*reldjies
dat mens nie meer die tyd en moeite ontsien om uit te reik na ander nie?
Jy het heelwat van hierdie vrae vir my so mooi beantwoord.
Ek kan nogal dink dat mens baie vreemde goed moet teëkom en vreemde ervarings
moet hê, maar ek is baie bly dat ek nie die ervaring van die toiletgat met jou
kan deel nie ... Ai, ek dink dis darem iets om gewoond te raak! Ek
het ook heerlik gegiggel vir die aand wat jy die klein kamertjie gehad het en
toe jou vloer oorstroom toe jy die wasbak se prop uittrek! Wil mens nie
dan sommer so bietjie aan die lag gaan oor die hele situasie nie? Dalk by
nabaat as mens daarna terugkyk, maar verseker nie terwyl alles besig is om nat
te word nie.
Dit was vir baie lekker om te lees hoe jy die gasvryheid van die mense waardeer
het wat jou bederf het met tee teen die plaaslike prys, mense wat hulle vriende
se woonstelportaal aanbied om jou motorfiets te laat staan, iemand wat sy bed
vir jou opoffer ... Ai, dit laat mens weer goed voel oor die mensdom.
Andrea Fourie, Kaapstad
Ek is besig om die laaste deel van die boek te lees. Ek wil hê die boek moet aanhou.
Louisa Marais, Sedgefield
Dit is net na 1 in die oggend en ek het nou net die laaste bladsy van Noord van Naboom gelees. Baie dankie vir die voorreg! Later vandag sal ook ook met ander oë na die vrou uit Afrka kyk wat met haar patroontjies van henna op haar voete en die geverfde henna naels op my ondersoekbed lê. Ek hoop jy sien met jou volgende toer na Rusland die Ambervertrek in sy geheel.
Marie Kruger, Pretoria
Ek het die boek en dvd vir Francois ontvang. Baie dankie vir jou moeite! Francois was in ekstase. Hy het ook 'n nou n KLR (saam met 'n BMW 1200).
Ek het ook die dvd gekyk. Apart van die bikery, was die ervarings wat jy opgedoen het, ongelooflik.
Sterkte met jou volgende ekskursie, ek sal dit graag dophou.
Mark Timm
Hello Lodie,
I finished reading your book
yesterday. I have to compliment you on a job exceptionally well done. I am
English speaking, but found the conversational style Afrikaans used in this book
very easy to read, especially since I have not read an Afrikaans book for many
years. It felt like you were relaying the story around the campfire. Although
the story was about international travel, the story was clearly being told by a
South African.
I wait in anticipation for
the next one.
All the very best and Well
Done, once again.
Marie Kruger, Pretoria
Al wat ek kan sê is : SALUTE! Nee wag, ek wil nog iets sê : NASTAROVIA!
Ditsem, sê ek nou (ek dink nie spelling is lekker nie, ma jy weet wat ek bedoel) Ek hoop dat, na die Russiese ekskursie daar nog n boek sal wees. Jy moet dit asb in gedagte hou want dit was een van die lekkerste persente wat ek nog kon gee.
Marena van Aswegen, Heidelberg
Ek het die boek die naweek klaar gelees ... baie geniet ... en my baie laat dink oor mense en ons land en sommer baie dinge!! Dankie!
Christina du Toit, Pretoria
Skoon vanoggend vroeg JOU boek nader getrek pleks van my Pa s'n... sjame, ek dink Hy het lekker gesmile vir my want Hy ken my mos beter as ekself... Hy weet eks sommer net behoorlik uitgehonger vir avontuur! So nou leef ek maar joune so met jou boek saam
Johan Bakkes, Paarl
So pas saam met jou deur Afrika gereis. Dit was bedonnerd! Ek't dit so geniet!
Louis de Villiers, Johannesburg
Ek
het gisteraand die laaste 3 hoofstukke klaar gelees. Ek het dit stadig gelees
omdat ek nie wou
hê dit moes te gou klaar raak nie. Dit is 'n heerlike ervaring om jou boek te
kon lees, veral omdat
dit so gemaklik deur die gedagtes gly en dit voel asof mens ingesuig raak en
dinge deur die skrywer se
oë sien en ervaar. Dit het gevoel asof ek soms self daar was en ook Letland se
grond tussen my vingers kon voel. Wat dit baie spesiaal maak, is die feit dat
dit iemand se ware ervaring is wat omskryf word en nie maar net 'n fiksie wat êrens
opgedroom is nie.
Dit is 'n boek wat binne in mens dinge wakker maak en jou laat dink oor die ware
doel en kwaliteit van die lewe. Ek het baie keer die blaaie eers laat sak en vêr
gedink - - - - - dit was soms amper ontstellend om te dink mens moet jou
gemaksones prysgee om jou lewensdrome waar te maak. Daar is 'n "inner
calling" wat deur die boek wakker gemaak word en ek is seker dat vele mense
wat dit gaan lees, hul lewens gaan verander.
Fanie Viviers, Durbanville
Wynand Kruger, Luanda, Angola
Dagsê Lodie,
Net so ou staaltjie. My vrou
vra my gisteraand, terwyl on ge-Skype het, hoekom ek nou die boek vir my vriend
gekoop het, want hy het dan nie meer ‘n fiets nie. Toe vertel ek haar maar van
die kommentaar wat mense gelewer het oor lewenslesse wat hulle daaruit gekry het
en dat meeste mense sê dat hulle dit nie kon neersit nie. Ek vra haar toe om
die pakkie oop te maak en vir my die voorwoord te lees want iemand het daarop
ook kommentaar gelewer.
Die ander ding wat nou
natuurlik weer sy kop uitsteek, is dat sy nou weer begin skimp vir haar eie
fiets so, nou weet ek nie so lekker of dit ‘n goeie idee was of nie.
Ek sal nietemin, maar my eie
kommentaar lewer wanneer ek eendag die geleentheid het om die boek te lees. Na
aanleiding van haar kommentaar en die van ander mense, sit ek nou in afwagting
en wag om huis toe te gaan.
Groete uit
Egmont Sass, Pretoria
Johan Marais, Kroondal
Ekke Kok, Canada:
Pierre Bezuidenhout, Mosselbaai:
Dagsê Lodie
Bettina Grachtrup, Duitsland
Ich habe das Buch schon heute bekommen! Vielen Dank. Ich denke, wenn ich mich jetzt Wort für Wort durch die Zeilen kämpfe, dann kann ich am Ende bestimmt fließend Afrikaans! Ich denke, das Vorwort hab ich schon verstanden.
Bradley Timm, Cape Town
One thing that really stood out about your
book was your honesty about what you saw, how you felt and experienced things
and more specifically, how you experienced the people you came into contact
with. I think we so often think that people should want and aspire to what we
see in the “First World” – and yet for the most part, all people want is
to be left in peace and live their lives as they have done for centuries!
All the best, and let it be known when you
are in town (Cape Town) again.
God Bless
Estelle Roos, Welkom
Ek het so pas Noord van Naboom se laaste sin gelees. Ek het lekker gelees. Die vrede en kalmte wat jou reis jou gebring het, het onbewustelik in my oorgespoel! Viva Afrika! Prys die Heer!
Keat from Naboomspruit:
Your book kept me up way past my bed time last night.
Wilmarié Böning, Bloemfontein:
Wow... Na 'n lang kwartaal waar die swottings sy tol geëis het, gaan sit ek salig met jou boek (Noord van Naboom) agteroor om die ruswekie af te skop. Min het ek geweet hoe baie die boek ook vir my siel sou beteken! Met hierdie e-pos wil ek graag vir jou dankie sê (sonder om té melodramaties te raak...) vir die invloed wat jy, miskien heel onwetend, tot dusver in my lewe gehad het.Nou lees ek jou boek en sien Afrika die eerste keer anders as wat die media dit altyd voorstel. Op 28 November 2009 begin my tog na Afrika van Naboomspruit. Nie naastenby so uitdagend en alleen soos jou tog nie, maar dis my eerste babatreetjie! Ek gaan as deel van 'n groep van 25 studente op 'n uitreik na Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek en Botswana. Vir iemand wat nog altyd versigtig was vir donker Afrika, is jy een van die mense wat hierdie jaar deur Hom wat almagtig is, oor my pad gestuur is om my gerus te stel en opgewonde te maak. Ek verwonder my aan die manier hoe jy Sy beskerming deur jou reise ervaar het! Ek besef net weer opnuut hoe ons elke dag probeer om ons eie plannetjies te maak, maar dat ons net in afhanklikheid van God moet leef. Iets wat my nogal goed getref het toe jy op heel alleenste deur die woestyn moes worstel!
Dankie vir die talle lewenslesse wat jy moes ervaar sodat ander daarvan kan leer. Jou inisiatief, waagmoed en deursettingsvermoë is goeie eienskappe wat vir vele 'n voorbeeld kan wees!
Ek wonder sommer of jy planne vir 2010 in die pyplyn het? As jy 'n Suid-Afrikaner met 'n (nou meer verroeste) Duitse kennis in Bloemfontein as agent benodig, laat weet my gerus!
Mag al jou werk en planne vir die toekoms geseën wees!
Wilmarié Böning ('n oud-uitruilstudent en "fan" van naboom2germany)
Niekie Pelser, Sasolburg:
Ek is besig om
jou boek te lees. Man, dit is lekker lees. Ek geniet en wens ek het meer tyd
gehad.
Jaap Steyn, Postmasburg:
Wiesa Brits, Senekal
Andrew Wakefield, White River
Hi Lodie,
I received your book yesterday, have started reading, was supposed to save it for my bedtime companion on my India trip.Couldn’t wait,ha,ha.
Freddie Coetzee - Die e-pos het my sprakeloos gehad. Baie dankie Freddie!
Ek
het jou boek baie geniet. Juis omdat dat dit nie net ‘n reisiger gids
is nie maar jy met heel ander oë na alles gekyk het en nogal baie van jouself
gegee het met die skrywe van die boek.
Anoniem (ek het belowe om nie die naam by te sit nie)