Ride for a Smile - My reis van Duitsland terug Suid-Afrika toe met my KLR 650 is na 17 573 km VERBY!
Afstand afgelê: 17
573 km
Nog om te ry:
0 km
Datum: 22
Augustus 2010
Tans: Naboomspruit,
Suid-Afrika
Ek gaan binnekort my volle roete op die webblad hê, aflaaibaar as GPS roetes.
Insameling vir Operation Smile
Ons het ons doelwit van R 90 000.00 bereik!
En steeds kom die donasies in ... Lys van donasies.
Baie dankie aan al die wonderlike mense wat saam hande gevat het en UBUNTU, vir mekaar, met mekaar, realiteit gemaak het!
Ons hou nie op met insamel nie. Ons insameling eindig eers op Saterdag 18 September. Daar is kinders daar buite wat wag om geopereer te word!
Kop-oomblikke op pad huis toe via Kaapstad
![]()
15/08/2010 - Op pad na die Swartbergpas toe
Fondsinsamelingsete vir Operation Smile: Saterdag 18 September 2010. Jy mag dit nie mis nie! Sien ek jou daar?
Volg my reis suidwaarts! - Die skakel na my reisdagboekmet foto's.
Nuus en ander interessante dinge:
Hoërskool Monument in Krugersdorp het R 11 500.00 vir Operation Smile ingesamel. Skitterend!
Kort videogrepe van tydens die reis.
Brandstofverbruik van die KLR tydens die toer.
Kyk regs onder op die hoofblad van WEG se webblad is die
skakel na my weeklikse blog op WEG se webblad.
Geldinsameling vir Operation Smile:
(Meer Inligting en hoe om 'n donasie te maak)
Operation Smile is 'n organisasie wat kinders met haaslippies en gesplete verhemeltes laat opereer om hul gesigsgebrek te herstel. Ek gebruik hierdie toer om geld vir Operation Smile in te samel en hul en om meer aandag te vestig op die wonderlike werk wat hul doen.
Ons mikpunt was om genoeg geld vir 15 kinders se operasies in te samel. Die wonderlike nuus is dat ons reeds genoeg geld vir vyftien kinders se operasies ingesamel het! Nou mik ons na meer!
Help my asb. dat ons soveel moontlik kinders kan help. Geen donasie is ooit te klein nie!
Om 'n donasie te maak:
As jy 'n donasie wil maak, kliek hier. Donasies reeds ontvang.
My roete:
Kliek op die aardbol hier onder om 'n aanduiding van my beplande roete te kry.