Op
reis deur Afrika- aan Lodie
Hierdie
gedig is geïnspireer deur jou droom!
Die
reise wat jy onderneem
Is ‘n padkaart vol enkelspore,
van stad en dorp jou siel vervreem,
maar smagtend vol van verre Afrika drome.
pak dan elke dag as ‘n goue gedagte weg
en as jou lyf teen moederaarde nestel
nog ‘n droomdag vervul op jou lewensweg.
ry jy vele ander se drome saam,
onthou van elke vriend en vriendin ‘n iets
en dink aan elkeen op die naam!
mag jou droomreis voorspoedig wees,
gryp die goeie wat elke dag se pad jou bied
en geniet dit hart en siel en gees!
In
ons gebede sal ons aan jou dink
dat God met engelevlerke, jou toe sal vou,
dat jy elke pad van jou droom sal vind
en in alles sal ervaar- Sy liefde vir jou!
Riana de Villiers