2007 / 2008 Fotoalbum
Ek het intussen meer foto's op die Dagboek begin te sit. Kyk asb. ook daar.
Kliek op die klein foto'tjie om 'n groter foto te sien.
Phelwana Oktober 2007: 'n Kort naweektoer van reën, modder, diere, en sonskyn.
Botswana Junie 2007: 'n Heerlike week in die wildernis van Botswana op ons toer van die suide tot bo teen die Choberivier.
Waterberg 13 Mei 2007: 250km deur die Waterberge op teer, grond, sand, klip. Herfskleure wat in rooi, bruin en geel orals tussen die groen uitslaan. Vrede op aarde en in die gemoed.
Foto's: Zimbabwe April 2007
Saterdag 21 Maart:
Ek wou kaas by my plaaslike supermark
gaan kry. Ek neem toe die lang pad oor Bela-Bela om na 158 km by ons dorp se
supermark aan te kom.
Foto's Waterberg 15 April 2007
Foto deur Leon Botha van die Beeld wat my toevallig op een
van die agterpaadjies in die Waterberge "raakgery" het.
Paasnaweek 2007 - Op my kort toer van 1 500km was ek ook by Golden Gate om goeie vriende te besoek.
1 Maart 2007: Ek word die trotse eienaar van my KLR 650.