My boek het verskyn!

Dit was Saterdag 15 Maart 2008, agtuur die
oggend. Dertien maande gelede het ek dié datum en tyd omkring as die begin van
my alleenrit oor Afrika.
Hierdie is mý storie. Dit is een van ’n
gewone mens wat met ’n motorfiets oor Afrika gaan ry het. Alleen...heeltemal
alleen. Ek het op my eie alleenmanier die wonderlikste verhouding met God
opgebou. Ek het die Afrika gesien wat die media en ander reisskrywers misgekyk
het. Ek het Afrika gesien soos wat ek dit nog altyd wou sien – ’n mooi
kontinent met pragtige mense.
Ek het my rug finaal na die Suiderkruis
toe gedraai. Vir 4 maande was Afrika, die Baltiese lande en
Duitsland my tuiste. Vir 20 000 km lank was dit net ék en my motorfiets.
Só het my alleenry begin en geëindig...
Kommentare oor die boek
Om die boek te bestel:
Jy kan die boek direk by my bestel en my sodoende help om my 2010 Siberiëreis te finansier. As bonus kry jy dan 'n DVD oor my Naboom2Germany toer van verlede jaar gratis saam met die boek. Belangrik: Die DVD is slegs vir bestellings direk by my. Jy kan slegs per internetoorplasing of direkte bankdeposito betaal.
Kliek hier om die boek direk by my te bestel.
OF
Direk van Crink, die uitgewer, (betaal per kredietkaart), of
Direkte verkope (On The Dot) Tel. 086
166 8368 (betaal per kredietkaart), of
E-pos: direct.sales@onthedot.co.za
ISBN: 978-0-620-42940-5
Bladsye: 150
Prys: R180.00