Baie mense het my al gevra of ek dit geniet om alleen te ry.
Ja, ek doen. Nee, dis nie altyd maklik nie.
Daar is voordele verbonde aan alleenry maar ook in 'n groep ry. Ek kan net die woord "sekuriteit" noem en dit sê alles oor die voordele van saamry.
Miskien is ek 'n moeilike mens wat net een way ken, en dit is Frank Sinatra se "My Way". Ek aanvaar alle risiko's wat met my tipe ry gepaardgaan. Ek wil ry en stop waar ek wil. Ek wil die spoed ry wat vir my lekker is. Ek wil 'n rusdag inbou waar ek dit nodig het. Ek ry nie motorfiets om rekords op te stel nie. Ek ry om te sien en te geniet.
My Way.
En as ek die dag geïrriteerd is, kan ek dan gelukkig net vir myself vies wees.
Dit is dus nie 'n verhewendheid wat maak dat ek dikwels alleen die pad vat nie. Dis net ek.
“I have found out that there ain’t no surer way to find out whether you like people or hate them than to travel with them.” – Mark Twain